|   Tel: 012 653 6740     |     Sel: 082 450 7497     |     Faks: 086 675 0686     |     Epos: info@troufotos24.co.za     |


Tuisblad  |  Portfolio  |  Pakkette  Kwotasie  |  25% Afslag Promosie  Kontak Ons  |  Ontwerpersalbums  | Blog  |


 

- Jeandré Hartman Troufotografie Blog -

 

Druk hier om terug te gaan na die Blog hoofblad.

 


 

25 Desember 2007

 

Ek kan dit alweer nie glo nie!!! Al weer meer as 'n maand verby sedert ek laas geskryf het!!!  En nou skryf ek sommer vir julle op Kersfees!!!  Ek hoop julle almal het julle Kersdag geniet en dan wil ek ook sommer vir julle 'n baie Voorspoedige 2008 toewens!  Ek weet ons gaan 'n wonderlike jaar geniet!

 

Die nuwe foto's is UITEINDELIK bygevoeg!!! Julle kan dit hier sien.

 

Ek kan nie vir julle sê hoe kort my dae en weke is nie!  Wanneer ek my oë uitvee is dit Vrydag en dan moet ek gereed maak vir die naweek se troues!  November en Desember was van ons besigste maande!

 

Ons besprekings lyk baie goed sover vir 2008 en ons is reeds meer as 50% volbespreek!

 

Daar is 'n paar veranderinge op die webtuiste aangebring.  Die Portfolio blad is onder andere verander en van die teks is ook hier en daar so bietjie verfyn... :-)  Laat weet my asseblief indien daar iewers iets fout is sodat ek dit kan regtel...

 

Ek het dit goed gedink om 'n paar stukkies info met julle te deel aangaande 2007...

 

1.)  Ek het net-net minder as 2000 eposse ontvang m.b.t. troufoto's.

 

2.)  Ek het 2123 eposse gestuur...

 

3.)  Ons het meer as 800 DVD's en CD's gebruik vir Video-DVD's, Digitale Negatiewe DVD's, Skyfievertonings, back-ups ens.

 

4.)  Meer as 6 Terra Bytes (6000 Giga Bytes) se data (Foto's en Video's) was op ons rekenaars se hardeskywe.

 

5.)  Ons was op 57 Troues regoor Pretoria en Johannesburg tot sover as Lichtenburg, Rustenburg, Sasolburg, Stilfontein, & Vrede.

 

6.)  Meer as 70,000 foto's is deur ons geneem in 2007.

 

7.)  Meer as 100 Video Kassette is deur ons gebruik vir die Video-DVD's se opnames tydens die troues.

 

Dit is maar net van die statistieke wat ek nou aan kan dink!

 

Geniet julle Feesseisoen verder en ek hoop julle rus lekker uit!

 

Groete!

 

Jeandre en Charlene Hartman

 


 

19 November 2007

 

Hier is ek alweer!

 

Ek gaan antwoord voor julle vra oor die nuwe foto's wat nog nie bygevoeg is nie...  Marguerite gaan vandag die foto's internet-gereed kry en dan sal dit nog hierdie week bygevoeg word... hopelik... hehehe!

 

Ons het 'n dol naweek gehad, want ons het Saterdag 2 troues gehad om af te neem!  Die eerste een was 'n oggendtroue in Randburg en toe skiet ons deur Vaalrivier toe vir die tweede troue!  Ons wat net voor middernag terug by die huis...  Alles het goed afgeloop en ons het baaaiiieee mooi foto's gekry!  Ek kan nie wag om dit vir julle te wys nie!

 

Ek het al weer 'n love letter of twee gekry die laaste paar weke... Ek kry sommer trane in my oë as die bruide vir my sulke mooi eposse stuur!!!

 

Hierdie een het verlede week van Malan en Lourika af gekom...


Liewe Jeandré en Charlene

Ek wens vandag die woordeboek was groot genoeg, sodat ek al die woorde wat ek wou sê daaruit kon kies!

Ek en Malan het gister-aand ons Skyfievertoning, Trou-DVD en Fotos vir die soveelste keer deurgekyk, en daar is absoluut nie genoeg woorde wat kan beskryf hoe gelukkig, opgewonde, tevrede en TROTS ons is op die ongelooflike werk wat julle gedoen het nie.  Die kreatiewe styl, ontspanne atmosfeer en professionalisme wat met die voorbereiding van ons pakket betrokke was is soos die mense sal sê: "Priceless".

Dit was vir my as bruid 'n fantastiese ervaring om saam met jou en Charlene te werk.  Ek was heeltyd op my gemak en julle twee se laggies en stories het vinnig die senuwees by die voordeur laat uitglip.  Vir my was dit asof ek julle al jare lank ken, en mens sou nie glo dat ek julle net 1 keer voor die troue ontmoet het nie.

Julle twee het BAIE om op trots te wees, en ek moet vir julle sê dat al die mense wat die album en dvd al gesien het, nie kan ophou lof uitdeel aan die foto- en videograaf nie.  Die presieshied en aandag aan detail is uit die boonste rakke.

Hou aan met wat julle besig is, want dit Werk!  Nogmaals baie dankie dat julle deel was van die wonderlike dag in ons lewe, en die besluit wat ons gemaak het om julle pakket te aanvaar, was sekerlik die beste belegging OOIT!

Sterkte met alles wat voorlê.

Baie Groete

Lourika en Malan Van de Ven

 

Baie dankie vir julle epos en mooi woorde!  Ek waardeer dit opreg!  (Die epos lees soos 'n advertensie!!!)

 

Hier is 3 foto's solank waarna julle kan kyk van Malan en Lourika!  Die res volg eersdaags!!!

 

         

 

PSSSSSST!!! Ek het nou eers agtergekom dit is amper Kersfees!  Hierdie was die korste jaar wat ek nog ooit beleef het!  Ek kan regtig nie glo dat dit amper verby is nie...

 

Sedert ek laas geskryf het het ons nog twee troues bygekry vir 2008... Die totale besprekings vir 2008 is 23 troues sover...  

 

Ons praat gou weer!  Ek hoop julle het almal die wonderlikste week ooit!!!!

 

Groete!

 

Jeandre

 

 


 

 

4 November 2007

 

VRYWARING:  Verskoon asseblief enige spelfoute!!! :-)))))

 

Hallo Hallo Hallo Hallo!

 

Kan julle dit glo!  Ek het meer as 'n maand laas geskryf!!!  Dit is darem baie lelik van my!!! :-)

 

Ek wil maar net vir julle almal se wat my blog besoek dat ek nog lewe en sommer nog BAIE lank gaan lewe!!! Ek was net vreeslik besig, maar alles is nou weer onder beheer!

 

Ek wil nou nie staan en verskonings uitdink nie, maar ek het die blogs van 'n paar van my kollegas besoek en glo dit nou of julle wil of nie - hulle het ook nie in Oktober geskryf nie!!!  Oktober is 'n dol maand in die troubedryf!  Ons het 7 troues vir Oktober gehad hierdie jaar en die weer was ook nie altyd die beste nie... Ons was BAIE gelukkig gewees - Dit het elkeen van die 4 kere wat dit gereën het opgehou vir die fotosessie!!! So niemand het uitverloor op hulle foto's nie!!! Dankie tog!!!

 

Ek en my vrou is ook verlede jaar in Oktober getroud.  Ons het ons 1ste Huweliksherdenking op 28 Oktober 2007 gevier en 'n paar vriende en familie oorgenooi!  Dit was behoorlik 'n woeste gekuier!!!

 

Buiten die troues het ook nog 3 toekenningsaande afgeneem in JHB, Midrand en Pretoria vir Business Connexion.  Ek doen nog twee jaareindfunksies.  Een op 9 November vir Kagisano Financial Services en 15 November vir BAE Systems by Emperors Palace.

 

Daar was verder ook nog familie foto's en weer babafoto's!!!  Ek sal die foto's oplaai sodra dit reg is.

 

Weens my toenemende werkslas kon ek nie meer kers vashou nie... (Ek kla nie hoor!!!)  My skoonsuster, Marguerite, het nou voltyds by my begin werk as my professionele assistent en ek moet eerlikwaar sê dat sy my lewe verander het.  Sy help my sooooooo baie en bring haar kant.  Sy neem soveel werk uit my hande uit en daarom sal dinge nou weer baie beter gaan.  Dankie vir jou hulp en goeie werk Marguerite!!! Jy is voorwaar 'n steunpilaar en jy help my sooo baie!!! Ek weet nie hoe ek alles sonder jou gedoen sou kry nie!!!  

 

Wat my ook so bietjie teruggesit het was Eskom en hulle sogenaamde LOAD SHEDDING!!!!  Ons was sonder krag vir tussen 4-6 ure elke dag vir 2 weke...  

 

Francois & Marelize, Malan & Lourika en Boetie & Sunet.  Jammer dat ek langer neem met julle goodies as wat beplan is, maar wees asseblief verseker dat julle foto's en DVD's pragtig sal wees!!!  Dankie vir julle geduld en begrip en dankie dat julle nie met my lelik is nie!!!  ;-)

 

Hierdie week is die week wat ek nuwe foto's gaan byvoeg!!! Hou hierdie spasie fyn dop!!!!

 

Ons laaste troue vir hierdie jaar is op 22 Desember en dan hervat ons weer op 5 Januarie met die eerste troue vir 2008.  Sover is daar alreeds 21 troues wat bespreek is vir 2008.  Ons het op die ou einde 57 troues vir 2007 bespreek.  Dit was 'n baie besige en geseënde jaar gewees.  Ons sien uit na groter en beter dinge vir 2008!!! 

 

Ek hoop julle het 'n wonderlike week verder en ek begin al die vakansie geur ruik in die lug...  Ons bly by die huis hierdie jaar.  Gaan van julle weg vir die Desember vakansie?

 

Tarra!!!

 

Jeandre

 

 


 

25 September 2007

 

Hallo almal!

 

Ek weet ek het 3 weke laas geskryf, maar ek het darem 6 albums afgelewer!  Ek sal die foto's binnekort byvoeg.

 

Ek het vanoggend die hartseerste epos ooit gekry...  Dit was van een van die bruide wat my kom sien het en toe nie op ons as haar fotograwe besluit het nie... Ek plaas die epos met haar toestemming.

 

Hallo Jeandre.

 

Ek skryf hierdie epos aan jou met groot hartseer in my hart.

 

Ek onthou nog so goed hoe gasvry jy ons ontvang het en als so geduldig en volledig aan ons verduidelik het.  Ons was baie beindruk met jou foto's en kwaliteit, maar soos ons menslike wesens mos maar is het suinigheid die oorhand gekry.

 

Ons het op 'n goedkoper fotograaf besluit en tot ons skok agtergekom dat die pakket wat ons gekies het nie fotos van die onthaal insluit nie.  Asof daardie skok nie groot genoeg was nie het ek amper in mekaar gesak toe ons ons foto's kon gaan haal.  Die "goedkoop" pakket waarop ons besluit het was toe sonder enige foto's en 'n album.  Ons het net 2 dvds gekry met ons fotos op.  Nou moet ons self 'n album gaan koop en die fotos laat print.  Ons het geen fotos van die onthaal nie, behalwe die wat ons gaste geneem het.

 

Ek kan vandag my hare uit my kop uit trek omrede ons nie op jou besluit het nie.  Ons het R500.00 gespaar met die ander fotograaf, maar nou moet ons weer geld spandeer om ons fotos te laat print en nog 'n album ook gaan koop.  Nou verloor ons nog meer geld.  Ons moes net van die begin af van jou gebruik gemaak het.

 

Sy het ook nie aan die foto's gewerk nie en ek het 'n merkie in my gesig wat op al die foto's wys.  Jy haal ten minste sulke goed uit.  Volgens haar is dit reg, want fotos moet natuurlik wees.  Ek is glad nie tevrede met my fotos nie, maar ek kan nou niks daaraan doen nie.  Ek het ook geen foto's van my tafels nie.  Toe ek en Jannie in die saal inkom het die gaste reeds gesit.  Ek sal nou nooit weet hoe my tafels voor die tyd gelyk het nie.  Ek kan nie glo dat daar fotograwe is wat mense so indoen nie, maar ek moes seker beter na die pakket gekyk het in die geheel en nie net die wonderlike prys nie...

 

Ek sal jou van nou af aanbeveel en ook almal waarsku om seker te maak van wat ingesluit is by 'n pakket en wat nie.

 

Ek kan nie glo dat een mens so stupid kan wees nie!

 

Groete vir jou pragtige vroutjie en ek hoop julle kry sommer baie troues om af te neem!

 

Jolene van der Merwe

 

Dit is harde, maar ware woorde.  Dit is baie jammer om sulke eposse te kry.  Baie van die fotograwe doen troufotografie vir 'n ekstra inkomste en is geldgedrewe en voel niks vir kliëntediens of kwalitiet nie.  Ons doen dit omdat dit ons passie is en stel ons bruidspare se belange eerste.  Ek wil graag trots wees op elke album wat ek aflewer.  

 

Spandeer liewers meer op troufoto's en nooi minder gaste as wat jy afskeep op jou troufoto's!  Jy sal nie spyt wees nie!  

 

Groete!

 

Jeandre

 


 

Wat 'n naweek!

 

3 September 2007

 

Wat 'n naweek!

 

Ons het Vrydag Malan en Lourika en Saterdag Gerhard en Chantel se troufoto's en DVD's afgeneem.

 

Malan en Lourika het by Rademeyers getrou en Gerhard en Chantel by Kleinkaap.  Dit was behoorlik 'n fees by altwee troues en die weer het baie goed saamgewerk!

 

Hier is solank 'n baie klein voorsmakie!

 

    

Malan en Lourika                                                 Gerhard en Chantel

 

Ferdi en Cheryl het hulle baba se foto album Saterdag kom afhaal en hulle was in die wolke!  (Sien die blog hieronder van 20 Augustus 2007.)

 

Die babafoto's webtuistes is ook nou aktief.  Gaan loer gerus daar in!  www.babafotos.co.za en www.babyphotography.co.za 

 

Ons neem hierdie Saterdag die troufoto's en DVD van Francois en Marelize af in Parys in die Vrystaat.  Dit beloof om ook baie opwindend te wees!

 

Hierdie week lewer ons 3 albums af!  Marna & Johan, Charles & Carmen en Theo & Janet.

 

Ek sal julle op hoogte hou!

 

Julle moet 'n wonderlike week verder hê!

 

Mooi bly!

 

Jeandre

 


 

22 Augustus 2007

 

Hallo daar!

 

Ons het vandag 'n nuwe pakket bygevoeg.

 

Die pakket staan bekend as die Excelsus Pakket en sluit alles in wat die Prestige Pakket bevat maar met 'n ekstra volgepropte ontwerpersalbum wat uit 360 foto's bestaan.

 

Die Excelsus Pakket sluit 2 egte leer gebinde A3 Ontwerpersalbum in waarvan een die trou album is en die tweede album uit 360 foto's bestaan wat geneem word soos deur die oog van 'n stille obserweerder.  Hierdie styl van trou fotografie staan ook beter bekend as "Wedding Photojournalism".  Dit is totaal en al natuurlik, en niks word geposeer of opgestel nie.  Die bruidspaar en gaste is dus nie bewus dat hulle afgeneem word nie.  Dit is 'n uitstekende toevoeging tot enige trou album en jy kry die beste van beide wêrelde!

 

Ek sal eersdaags voorbeelde daarvan byvoeg sodat julle kan sien hoe die uitleg en album sal lyk.

 

Ek het Gawie en Elsabeth se drukwerk vandag van die Lab af teruggekry en gaan more aand die album klaar maak - reg vir aflewering wanneer die bruid dit Donderdagoggend kom haal.  Ek kan nie wag om haar gesig te sien nie!

 

Ek is nou besig met Leon en Lindy se album.  

 

O ja!  Baie dankie vir al julle positiewe kommentaar oor die babafoto's! :-)  Ek is oorlaai met navrae... Dankie aan al my kliente wat soveel mense in so kort tydjie na my verwys het!  Julle is stunning!  Ek kan nie glo soveel mense het babatjies nie!  Dit lyk vir my of die bevolking darem aan die groei is!!!! :-))))

 

Dit is nou 01h16... So vergewe my indien hier enige spel- of taalfoute is... Dit is darem al laat... hehehe...

 

Groete!

 

Jeandre

 


 

20 Augustus 2007

 

Hallo Almal!

 

Ja, ek lewe nog!  Ek weet ek was so bietjie stil die laaste ruk...

 

Ek het baie hard gewerk (en doen nogsteeds) en het heelwat albums afgelewer!

 

Die nuwe foto's is bygevoeg.  Druk hier om dit te sien.

 

Ek het gister die voorreg gehad om my broer se babatjie af te neem!  Dit was 'n fees!  Hieronder is van die foto's van pa Ferdi, ma Cheryl en baba Austin.  

 

         

 

         

 

         

 

         

 

         


         

 

Bel of epos my en vertel my wat julle van die babafoto's dink!  Ek sal graag julle opinies wil hoor!

 

Nou ja, ek moet nou eers weer verder werk!

 

Groete!

 

Jeandre

 


 

 

13 Julie 2007:

 

Hallo daar!

 

Ek sal teen Maandag nuwe foto's byvoeg!

 

Ek het gisteroggend tot en met 03h00 gewerk om Michelle en Riaan se album klaar te maak.  Ek werk nou aan Nico en Denise s'n.

 

Altwee word more afgelewer indien alles goed gaan!

 

Groete!

 

Jeandre

 


 

28 Julie 2007:

 

Hallo almal en wees gegroet uit die Drakensberge!!! 

 

Ek en my vrou is op vakansie vir 'n week hier by Bushman's Nek in die Drakensberge!  Dit is nogal koud en ons het nou 'n gasverwarmer aan om ons warm te hou! :-)

 

Ons het sover nog nie sneeu gehad nie, maar ek sal verseker foto's op die blog plaas sodra dit sneeu!  Ek hoop regtig ons kry sneeu, want ek het nog nooit sneeu gesien nie.

 

Hieronder is solank 'n paar foto's om julle te wys hoe ons hout 

"Cabin" en ons uitsig lyk!

 

 

 

 

 

Ons gaan Woensdag op die Sani-Pass toer en ek gaan verseker baie foto's neem en sal dit ook hier plaas sodat julle almal kan sien wat ons gesien het!  Ons gaan by die Basothos inloer en boonop ook van hulle brood eet en hulle bier drink... Ek weet nie so lekker van die bier nie, maar ons sal dit uitprobeer en julle laat weet of dit die moeite werd was!

 

Groete van my en Charlene!

 

Jeandre

 


 

13 Julie 2007:

 

Hallo!

 

Onthou julle my darem nog? Ek weet ek het lanklaas geskryf... jammer daaroor.

 

Ek het in die tussentyd darem Jean & Corrie asook Shawn & Ilse se albums afgelewer.  Ek is tans besig met David en Nicolene s'n en ek hoop om dit oor die naweek klaar te maak.  (Nicolene - Jammer dat ek so lank neem, ek weet jy kan nie meer wag nie...)

 

Ek kry soveel navrae vir familie en kinderfoto's en het nou maar ingegee onder die druk en die nodige goedjies aangeskaf vir dit.  Ek sal deur die loop van volgende week die ander webblad aan die gang kry en dan kan ek hopelik al my bruidspare se kinders in die vervolg ook afneem! :-)

 

Ek groet julle nou eers weer tot 'n volgende keer!

 

Jeandre

 


 

3 Julie 2007: 

 

Hier is ons al in Julie!

 

Het julle ook so baie kragonderbrekings?  Dit dryf my amper van my kop af!  Die venue se eienaares waarby ons verlede Vrydag was het 'n R400,000.00 se John Deere kragopwekker aangeskaf!!!  Kan julle dit glo?!?!  Hulle kon net nie anders nie...  Hulle is nou besig om 'n afdak te bou waaronder die kragopwekker moet staan.  Dit gaan hulle 'n verdere R52,000.00 uit die sak jaag om 'n hyskraan te huur om die monster te skruif!!!!!!!  Dit is skrikwekkend dat 'n mens tot sulke drastiese stappe moet oorgaan net om jou besigheid te kan bedryf... en nou wil die ESKOM ouens nog staak ook....? 

 

Ons eerste A5 prototipe ontwerpersalbum het uiteindelik sy omslag om.  Die pryse is vasgestel en ons is nou gereed om van nou af die albums in hierdie formaat te lewer!  

 

Soos ek reeds aan julle genoem het is dit 'n internasionale konsep.  Wat 'n groot plus-punt is is dat die blaaie vervang kan word indien dit beskadig of bemors word!  GEEN ander album kan so maklik herstel word soos ons albums nie PLUS ons waarborg die album boonop ook nog teen foutiewe werkmanskap!  Die album het geen sigbare foue nie, dus kan die papier nie kraak en skeur na baie gebruik nie!  Ek kan nie wag om dit vir julle te wys nie!

 

Dit is al vir eers!

 

Groete!

 

Jeandré

 


 

29 Junie 2007:

 

Hallo almal!

 

Na BAIE lang ure, slapelose nagte en duisende rande se R&D (research & development) is ons eerste A5 prototipe album gebind!  Sjoe, dit was baie harder werk as wat ek gedink het...  Nou is dit nog net die omslag wat ek onder die knie moet kry...

 

Ek is nou besig om aan albums te werk wat ek volgende week moet uitkry.

 

Is dit by julle ook so koud?  My verwarmer is die hele dag aan!  Hehehe!

 

O ja, amper vergeet ek... Ons het vandag ons 56ste troue bespreek.  50 Vir hierdie jaar en 6 sover vir volgende jaar.  Ek sien die naweek nog 2 paartjies wat trou in 2008... 

 

Groete!

 

Jeandré

 


 

26 Junie 2007:

 

Hallo daar!

 

Foto's van Lukas en Suney (27 April) en Stephan en Adele (28 April) is bygevoeg.  

 

Ek kan uiteindelik die goeie nuus aan julle bekend maak!

 

Ons gaan van nou af ons eie albums vervaardig!!!  Dit is ontwerpersalbums met egte leer omslae waarvan ons self die leer uitsoek!  

 

Die albums is ook beter bekend as "Storieboek/Koffietafelboek albums" of soos die Engelse dit noem - "Magazine type layout albums".  Die albums is 100% uniek en ons het dit self ontwerp.  Elke bladsy word op fotopapier gedruk en nie op gewone papier met 'n "inkjet" drukker nie.  Dit is regtig van hoogstaande kwaliteit!  Dit is 'n internasionale konsep wat een van my vriende wat in Australië woon aan my gewys het.

 

Ons is nou in die finale fase en ek is amper doodseker dat ons eerste voorbeeld teen die einde van volgende week sal reg wees!  Ek sal foto's van die albums byvoeg op die webblad sodra dit gereed is.  

 

Ek het Vrydag 'n epos ontvang van Adele en Stephan wie se troue ons op 28 April by die Voortrekkermonument afgeneem het.  Die epos lees soos 'n advertensie en ek het dit goedgedink om dit hier te plaas!

 

Ek kontak altyd die volgende dag die bruidspare om te hoor of hulle tevrede is met die album en wat die familie daarvan dink.  Hier is Adele Spruyt se antwoord...

 

Hallo Jeandré,

 

Ek kan actually nie glo jy vra nog of ons nog tevrede is nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

 

Dit is ongelooflik mooi, Stephan hou BAIE daarvan…..my suster het begin huil toe sy dit sien….nou wonder jy nog?!!!  

 

Weereens baie baie baie dankie – dit is perfek!  Dit is vrek moeilik om 'n foto te kies vir die dankiekaartjies – sal mooi moet gaan dink hierdie naweek.  Jy maak dit nie maklik nie….

 

Ek is nie een wat sommer fotos van myself uitgee nie.  Eintlik het ek nie eers fotos van myself nie (regtig….no jokes! Die laaste fotos wat van my geneem is…snapshots… - 3 jaar gelede in Oostenryk)  maar ek voel sommer lus en create ‘n blog van die troufotos!

 

Dankie vir al jou moeite!

 

Lekker naweek, praat Maandag!  Groete vir Charlene…

 

Adele  

 

Eposse soos die maak die lewe die moeite werd!  :-)  Dit is altyd lekker om te hoor dat jy 'n bruidspaar se mooiste dag vir ewig kon vasvang en dat hulle daarmee tevrede is!  Dankie vir die mooi woorde Adele!!!

 

Tot later!

 

Groete!

 

Jeandré

 


 

22 Junie 2007:

 

Hier's ek weer!

 

Ek wil julle solank nuuskierig maak!!!

 

Ons is besig met die opwindendste ding in 'n lang tyd!!!  Ek gaan nie nou te veel uitlap nie, maar hou hierdie webblad fyn dop gedurende die volgende week!!!  (Ek moet myself net keer of ek blaker alles uit!)

 

Ek gaan nou gaan, maar loer kort-kort in om uit te vind waarmee ons besig is!!!  Ek kan julle waarborg dat julle almal daarvan gaan hou!!!

 

Groete!

 

Jeandré


 

20 Junie 2007:

 

Hallo!

 

Dinge gaan rof hier by ons!  Ek het gister tot 4uur in die oggend gewerk om op datum te bly.  50+ Troues per jaar is geen grap nie, maar ons is die laastes om te kla!  Ons is baie dankbaar dat dinge so goed gaan!

 

Ek sal oor die naweek die nuwe foto's byvoeg, so wanneer julle Maandag kyk sal julle kan sien waarmee ek besig was!  (Ek moet net eers die albums by die bruide uitkry voordat ek dit op die webblad plaas...)

 

Daar is vandag 'n nuwe blad bygevoeg oor ontwerpersalbums.  Dit is die internasionale standaard van trou albums en ons is baie trots om dit nou as 'n opgradering in al ons pakkette aan te bied!

 

Bruidspare wat reeds bespreek het kan ook gebruik maak van hierdie aanbod en hulle pakkette opgradeer.

 

Ons gaan binnekort meer voorbeelde byvoeg!

 

Druk hier om na die ontwerpersalbums te kyk!

 

Groete tot volgende keer,

 

Jeandré

 


 

14 Junie 2007:

 

Hallo almal!

 

Ek sit en wonder nou al baie lank of ek dalk ook 'n blog moet begin en toe belowe ek myself sodra ek die 50ste troue se bespreking bevestig het sal ek met my eie blog begin...  En ja, voordat ek die blog kon plaas het die 51te bespreking ingekom!  Sover is dit 47 vir hierdie jaar en 4 vir volgende jaar!  Ek is partykeer stomgeslaan oor hoe goed dit gaan!  Ons is werklik bevoorreg met 'n wonderlike kliëntebasis!  Ons het nog nie een keer gesukkel met betalings nie en het sover net vriendelike en gasvrye bruidspare en families gehad!

 

Wat vir my die mees bevredigendste is is wanneer 'n bruidspaar ons bespreek omrede hulle 'n ander paartjie se trou album gesien het!  Een van ons kliente het al 4 ander paartjies na ons toe verwys en hulle het almal by ons bespreek!

 

Ek kry daagliks so baie vrae van voornemende bruidpare af wat op baie van toepassing kan wees.  Ek het besluit dit kan van waarde wees vir baie en ek sal in die toekoms van hierdie vrae met my antwoorde in hierdie blog plaas.

 

Ek wil julle aanraai om 'n draai te maak by ons nuwe Engelse webblad indien julle dit nog nie gedoen het nie!  Die adres is www.avantgardephotography.co.za.  Die Avant Garde afdeling bestaan uit die nuwe internasionale standaard van albums.  Dit is nie standaard albums waarin die foto's geplak word nie.  Elke bladsy is 'n uitleg op sy eie.  Die albums kom in groottes van tot 50cm x 40cm.  Glo my, dit is groot en die album weeg amper 'n ton! :-)  Wanneer die album oopgevou is is dit 'n meter wyd!!! Ek gaan binnekort voorbeelde daarvan plaas sodat julle self kan sien!

 

Ek gaan my beste doen om gereeld te skryf en julle op hoogte te hou oor wat aangaan hier by ons!  Ons beplan heelwat opwindende nuwe idees en sommer nog baie ander goed ook!  Hou hierdie spasie dop!!!

 

(Indien hier iewers 'n spelfout is vergewe my... 'n Mens sien mos nie jou eie foute raak nie...)

 

Groete,

 

Jeandré

 


Besoek gerus ook www.avantgardephotography.co.za

 

 



Kopiereg © Hartman Fotografie & www.troufotos24.co.za  Alle regte voorbehou.