|   Tel: 012 653 6740     |     Sel: 082 450 7497     |     Faks: 086 675 0686     |     Epos: troufotos@mailnetic.co.za     |

 

Tuisblad  | *Blog & Nuwe Foto's*  | Portfolio  | Troufoto's Pakkette  | Kwotasie  | 25%-Af Promosie  | Kontak Ons  | Ontwerpersalbums


- Jeandré Hartman Troufotografie Blog -


 

Vrydag 

23 Augustus 2011 - Die aanlyn-vorm is aktief.

 

Julle kan nou hier druk om 'n kwotasie aanlyn aan te vra.

 

Vul al die inligting in en druk op stuur! So maklik soos dit!

 

Mooi bly!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic!

 


 

Vrydag

29 Julie 2011 - Wees net lekker rustig

 

Julle sal sien dat ons besig is om ons lysie op te dateer van al die venues waamee ons bekend is en troues daar afgemeem het.  Julle kan dit sien in die regterkantste blok heel onder op www.troufotos.co.za

 

Jy moet 'n rustige  naweek geniet en ek hoop jou span wen!

 

Maandag kyk ons weer foto's!!!

 

Mooi bly!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

Kontak my direk op Skype -   My status            

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic!


 

27 Julie 2011- Bevestig jou Huweliksstatus Aanlyn.

 

Met al hierdie korrupsie in die land is dit dalk 'n goeie idee om uit te vind of jy werklik getroud is of nie...

 

Is jy wettiglik getroud of dink en hoop jy maar jy is? Is jou sake in orde? Moenie uitstel nie. Kyk vandag nog!

Druk hier of op die ringe hierbo om na Binnelandse Sake se webblad te gaan waar jy jou huweliksstatus met jou ID Nr. aanlyn kan bevestig! Ek hoop niemand word onaangenaam verras nie...

 

Vertel vir ons op Facebook wat jy uitgevind het!  

http://www.facebook.com/jeandrehartman 

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

Kontak my direk op Skype -   My status

 


Dinsdag

26 Julie 2011- Francois en Riana - Gecko Ridge (Deel 2)

 

Hier is nog troufoto's van Francois en Riana se troue.  

Hulle trouvenue was Gecko Ridge.

Francois & Riana het op die Storieboek Ontwerpers Trou Album Pakket besluit! 

Druk hier om die verskillende Trou Albums te sien.  Kyk na die Trou Albums >>>

 

 

 

 

 

 

 

En nadat die troue oor en verby was toe lyk die Trou Album so!

 

30cm x 40cm 25 Bladye/50 Kante Storieboek Ontwerpers Album

 

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

Kontak my direk op Skype -   My status

 


 

Maandag 

25 Julie 2011- Francois en Riana - Gecko Ridge (Deel 1)

 

Hier is die troufoto's waar Riana besig was met haar Pre-Bridal op die dag van haar troue voordat hulle na die trouvenue vertrek het.

 

 

 

 

 

 

 

Sien julle ook daai monsterkar waar Riana staan!  Dit is haar pa se GTR!

Ek is natuulik bitter jaloers!!! En die oom het nog gesę hy gaan my vir 'n spin vat!!! Ek dink ek moet hom aan sy aanbod herinner!!! Hoe sal 'n man nou so kans laat verbygaan???

 

Hoor jy Riana!!! Remind jou dad!!! :-)))

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

Kontak my direk op Skype -   My status

 


 

Vrydag

22 Julie 2011- Artistiek...

 

Hier is vir julle nog 3 om na te kyk! 

 

Ek hoop julle het 'n wonderlike naweek!  Ons praat weer Maandag...

 

 

 

 

Groete,

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

Kontak my direk op Skype -   My status

 


 

Donderdag

21 Julie 2011- Foto's van Werner & Monique se V-Sessie.

 

Ons het baie pret gehad met hulle V-Sessie!  Kyk gerus na die foto's!

      

 

Ons neem Werner & Monique se troue af op 17 September 2011 by Gecko Ridge.

 

Mooi bly!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

Kontak my direk op Skype -   My status

 


 

Woensdag

20 Julie 2011- Die verskil tussen Pro- en Amateurfotograwe....

 

Ons was so 'n jaar of 3 gelede op die Sani Pass en ek het my monster kameras by my gehad die dag!  Een van die toeriste was van mening dat enige goeie foto-entoesias dieselfde gehalte of beter foto's kan neem as 'n professionele fotograaf.  Ek is nie van nature iemand wat sulke uitdagings aanvaar nie, maar die dag was ek in 'n kompeterende bui! 

 

Aan die einde van die dag het ons besigheidskaartjies uitgeruil en hy het sy foto's vir my per epos aangestuur toe hy weer terug in sy eie land was. Nietemin, was ek angsbevange oor wat hy vir my gestuur het en selfs dat hy trots kon wees daarop... Laat julle self besluit.

 

Die eindresultate verskil... wel, redelik baie!

 

Die eerste uitdaging was om berge af te neem by die Sani Pass.

 

Hieronder is die eerste een! Die Berge tot in die verre suide...

En nee, ek is nie die fotograaf op hierdie een nie!

 

 

 

Hier is die eerste een wat ek toe neem! Die Berge is duidelik sigbaar tot in die verre suide MET detail wat andersins verlore geraak het in sy  foto hierbo.

 

 

 

Nou gaan ons kyk na 'n bouval!

 

Aanvaarbare komposisie en ons het omrent van dieselfde punt af ons foto's geneem, maar dit is waar die ooreenkoms stop. Geen Kleure met veelvuldige ontwikkeling nie. Hierdie foto kon baie anders gewees het! Hy het baie blou en groen gemis!   Kyk na sy foto hieronder en rol dan verder af na myne...

 

 

 

En met bietjie moeite tel ek die addisionele kleure op en ek kry 'n heel ander effek!  Ek het die groen en blou met my blote oog gesien en die ander fotograaf het dit gemis... Kyk ook na my detail in die Grondpad teenoor syne.

 

 

 

En dan was daar ook die wandelaar wat met sy pakkie hout geloop het,  Hy praat nou wel glad nie en jy moet betaal voordat jy hom mag afneem! Wel ons het ons R5e geswaai en toe staan hy soos 'n stok sodat ons maar neem en mal gaan.

 

 

Hieronder is die entoesias se foto van die wandelaar.

Ons het weereens vanaf byna dieselfde punt geneem. 

Hy het 'n halflyf komposisie gebruik terwyl ek vollyf geneem het.

 

 

 

En hier is my foto van die wandelaar! 

Ewe skielik spring die detail uit!

 

 

Dieselfde geld vir Bruide... As jy 'n amateur bespreek vir jou troue dan gaan jou foto's tien teen een ook so vaal, sonder kleur en leweloos wees...

 

Ek kry weekliks oproepe van mense wat vra of ek hulle fotos sal regmaak! En dan werk die kostes dieselfde uit as wat dit sou wees indien hulle my in die eerste plek bespreek het... Goedkoop koop is duur koop! Die prys moet nooit die bepalende faktor wees vir die keuse van jou troufotograaf nie.

 

Ek is anders, want dit is my werk. Dit is al wat ek doen... Die ander entoesiaste het werke en hulle gebruik spesifiek troues om los speelgeldjies te verdien en gee nie eintlik om oor hulle bruidspare nie.... Ons, aan die anderkant, gee om vir julle en vir wat ons doen!  

 

Wat ook vir my skrikwekkend is, is dat mense maar tevrede is met dit... Ek sal nie met myself kan saamleef nie! Foto's soos daardie is skokkend! En dit gebeur reeds elke naweek dat daar iewers 'n entoesias is wat besig is om 'n arme bruidspaar se mooiste dag se herinneringe te verwoes...

 

Beperk eerder kostes op jou troukoek, jou gastelys of waar ookal jy kan, maar moet nooit kostes probeer bespaar op jou troufotograaf nie! Dit is regtig al wat jy oorhet en om na die tyd bereid te wees om te betaal is te laat...

 

Lees enige bruidstydskrif van enige land in enige taal - hulle sę dieselfde!  Moenie afskeep met jou troufotograwe nie! 

 

Dink daaroor!

 

Geniet jou dag!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

Kontak my direk op Skype - My status

 


 

Dinsdag

19 Julie 2011- Kuns, Drama en 'n Artistiese Effek!

 

Ek wou al baie lankal hierdie tipe foto's neem en so verwerk!

 

Dit is vir my ongelooflik mooi en dramaties!

 

Laat weet my wat dink julle daarvan!

 

 

 

 

 


 

18 Julie 2011- Baie welkom by www.troufotos.co.za

 

Na baie jare se gewag het ek uiteindelik www.troufotos.co.za bekom en ek is absoluut in die wolke oor die beste webadres waaroor enige Afrikaanse troufotograaf kan droom!

 

Dit is alom bekend dat ons een van die baie min Afrikaanse Webtuistes is wat handel oor Troufoto's!

 

Ons kliënte is 98% Afrikaans en daarom is hierdie webblad in Afrikaans en sal altyd wees!

 

Hierdie webblad kort nog so bietjie skuur en skaaf en dit gaan net beter en beter en mooier en mooier  word!

 

Ek het ook nog duisende foto's om vir julle te wys en ek wens ek kan sommer alles op een slag oplaai, maar ek gaan julle vriendelik forseer om elke dag terug te kom om nuwe troufoto's te kom kyk!

 

Ek gaan van my gunsteling ou foto's byvoeg wat al byna vergete is en sommer vir julle die stories daarvan ook vertel!

 

Ons gaan skakels byvoeg sodat julle die verskille tussen ons albums kan sien sodat die pakkette makliker verstaan kan word.

 

Wat ookal ons nou doen sal julle die eerstes wees wat weet en dit dan ook sien! Opwindende tye!

 

Hieronder is solank 'n terg foto!  Ek gaan julle nog als vertel van wat hier gebeur het! Dit was absoluut een van die mooiste fotosessies wat ek nog ooit gedoen het, maar ek vertel julle later...

 

Voor jy jou oë uitvee is ons weer terug met nuwe foto's wat julle asems gaan wegslaan!!!

 

Bly in kontak met my - word my friend op Facebook en volg my op twitter!

 

Word my vriend op Facebook www.facebook.com/jeandrehartman

 

Volg my op Twitter www.twitter.com/jeandrehartman 

 

Geniet julle week en kom loer gereeld in!

 

Mooi Bly

 

Jeandré.

 

 

15 Maart 2011- Kyk gerus na die nuwe albums!

 

André & Charlene asook Dylan & Nichola se volledige trou albums is bygevoeg!

 

Dylan & Nichola Wedding Album

Kliek hier vir Dylan & Nichola se Trou Album.

 


 

André & Charlene Trou Album

Kliek hier vir André & Charlene se Trou Album.

 


 

Geniet dit en laat weet my wat dink julle!

 

Mooi bly!

 

Jeandré

 


 

7 Maart 2011- Besprekings vir 2012 is nou oop!

 

Beplan jy om in 2012 te trou?  Dan het ons nou vir jou goeie nuus!  Ons Besprekings maak vandag oop vir 2012 Troues.  

 

Moet nie te lank wag om jou datum vas te maak met jou Troufotograaf van keuse nie.  Die beskikbaarheid van 'n datum

kan verander in 'n kwessie van 'n dag aangesien ons op 'n eerste deposito - eerste besprekingsbeginsel te werk gaan.

 

Maak asseblief met ons 'n tyd vas om ons te kom sien sodat ons die pakkette met julle kan bespreek.  Ons sal ook ons pakkette spesiaal vir julle sal kan aanpas sodat dit in julle behoeftes sal voorsien.

 

Ek herhaal myself nou weer:  Maak 'n afspraak met ons sodat ons jou troufoto's op die regte manier vir jou doen!

 

Ons is trots op wat ons doen en ons weet julle spandeer baie baie baie geld op julle troue!  Onthou net dat die venue en

troufotograaf die twee dinge is wat jy heel eertse bespreek.  Wanneer jou venue en troufotograaf bespreek is die GROOTSE las 

van jou troue se "stress generators" van jou af en dan kan jy in vrede na jou rok en bykomstighede begin soek!

 

En dan hier is nog 'n voorbeeld van 'n Dankie Kaartjie!  Dit is Francois en Leandra.

 

 


 

6 Maart 2011 - Nuwe Prysverhogings vanaf 1 Mei 2010

 

Ons pryse gaan met slegs R500.00 - R1000.00 per pakket verhoog word.  Ons probeer om nie 'n addisionele finansiele las te wees

wat julle verder geld uit die sak probeer jaag nie.

 

Indien jy voor 31 Maart 2011 by ons bespreek sal jy vir die huidige pryse kwalifiseer en dan geensins verder beinvloed word deur 

enige verdere prysverhogings nie.

 

Lees gerus ook my inskrywing hieronder van 19 Oktober 2010 m.b.t. kostes.

 

Hier is Werner & Hennelie se Dankie Kaartjie:

 

 


 

19 Oktober 2010 - Sjoe, maar jy is darem maar duur!

 

Nee ek is nie...

 

My pryse het met slegs R500.00 opgegaan sedert 2008...  Ek het pryse so laag as moontlik gehou aangesien

ek besef het dat 2009 en 2010 moeilike tye was en is.  Snaaks hoe niemand in 2008 gesę het dat ek "te duur" was nie...

 

Wat wel die probleem is, is dat daar sogenaamde "professionele" fotograwe is wat troues afneem vir R1500.00 of selfs minder. (Onthou - daar is 'n rede dat iemand goedkoop is!)

 

Dit word uitgebasuin deur fotograwe wat werkswinkels aanbied dat troues 'n "Quick Buck" is...  Dit is jammer, want op die ou einde word al die troufotograwe onder dieselfde kam geskeer.  Die wat dit bloot doen vir 'n ekstra geldjie is meer geneig om minder om te gee. Hulle kanselleer makliker, daag laat op (of daag GLAD NIE op nie), loop vroeg en gee nie hulle beste nie!

 

Dit gebeur meer dikwels as wat jy sal glo dat troupaartjies hulle troufotograaf kies SLEGS gebaseer op prys.  Paartjies spandeer dikwels meer op die troukoek as op die fotograaf!  Hoe kan dit wees?  Maklik, hulle weet nie van beter nie - en ek bedoel dit nie lelik nie!  As jy nie weet wat jy gaan of NIE gaan kry nie dan sal dit jou in alle waarskynlikheid nie pla nie...

 

Ek dink eerlikwaar nie ons vra te veel om 'n troue af te neem nie.  Uit die aard van die saak sal daar altyd 'n goedkoper opsie wees, maar dienooreenkomstig is daar ook duurder en BAIE DUURDER fotograwe... As jy R850.00 wil betaal, sal jy 'n fotograaf vind... As jy R80,000.00 wil betaal sal jy ook een vind...

 

Ek glo eerlikwaar met my HELE HART dat ons waarde vir geld pakkette aanbied!  Ek is NIE die goedkoopste nie, maar verseker ook nie die duurste nie.

 

Dink mooi oor jou troufotograaf voor jy bespreek... Ek is seker niemand wat hier lees wil iemand se "Quick Buck" wees nie...

 

Jeandré

 


 

18 Oktober 2010 - 'n Love Letter!

 

AaWaEe!!!!

 

Ons het alweer 'n Love Letter gekry!  Hierdie keer is dit van Rossouw & Sumari af!

 

 

Dankie vir julle mooi woorde! :-)))

 

Jeandré

 


 

11 Oktober 2010 - Stephen & Nadine Trou Album

 

Hallo almal!

 

Kliek hier om Stephen & Nadine se trou album te sien.

 

 


 

4 Oktober 2010 - Nuwe Webblad Ontwerp

 

Ons het 'n nuwe webblad ontwerp! :-)

 

Dit was al lankal tyd vir 'n nuwe "look" en ek dink dit lyk sommer stukke beter as die vorige ontwerp en uitleg!

 

Kliek hier om die vorige uitleg te sien as jy wil vergelyk! :-)

 

Ek hoop julle hou daarvan! Laat weet my asseblief wat julle dink van die nuwe webblad!

 

Jeandré

012 653 6740 / 082 450 7497 / info@troufotos24.co.za

Druk hier vir ons Pakket Inligting.

Kontak ons vir tariewe en beskikbaarheid vir jou troue en troudatum.

Stuur vir my 'n epos na info@troufotos24.co.za oor enige verdere navraag.

 


 

2 Oktober 2010 - Rossouw & Sumari

 

Ons was die naweek by Stone Henge in Africa naby Parys met Rossouw en Sumari se troue!

 

Dit was 'n pragtige troue en hier is 'n paar foto's vir julle om te sien!

 

         

 

Sumari se rok was pragtig!

 

          

 

... en Rossouw kon nie gelukkiger gelyk het nie al het hy probeer! :-)

 

     

 

Geluk R&S!  Ek hoop julle geniet julle wittebrood sommer bitterlik baie!!!

 

Jeandré

 


 

30 September 2010 - Bespreek jou e-sessie nou!

 

Dit is die ideale geleenheid vir ons om mekaar beter te leer ken voor julle troue en dit is hope pret!  

 

Kyk gerus na die voorbeelde hieronder om meer te sien!

 

 

         

 

         

 

         

 

         

 

Jeandré

 

012 653 6740 / 082 450 7497 / info@troufotos24.co.za

Druk hier vir ons Pakket Inligting.

Kontak ons vir tariewe en beskikbaarheid vir jou troue en troudatum.

Stuur vir my 'n epos na info@troufotos24.co.za oor enige verdere navraag.

 


 

15 September 2010 - Die Dankiekaartjies.

 

Hallo daar!

 

Ek kry dit gereeld dat bruidspare wil weet wat presies die "dankie-troufoto's" is wat by die pakkette ingesluit is.

 

Dit is 'n foto wat die bruidspaar kies en dan skryf ons 'n kort boodskappie by en julle pos dit vir julle gaste om dankie te sę.

 

Hieronder is 'n voorbeeld:

 

 

Ek hoop dit maak nou meer sin! :-)

 

Jeandré

012 653 6740 / 082 450 7497 / info@troufotos24.co.za

Druk hier vir ons Pakket Inligting.

Kontak ons vir tariewe en beskikbaarheid vir jou troue en troudatum.

Stuur vir my 'n epos na info@troufotos24.co.za oor enige verdere navraag.

 


 

14 September 2010 - Die "goeie ou dae"...

 

Wees gegroet!!!  En dankie dat julle my skriffels lees! :-)

 

Dit is baie lekker om weer met julle te kan gesels en te vertel wat aangaan hier in troufotoland!

 

Julle weet seker hoe die ou mensies altyd terugverwys na "die goeie ou dae"? Toe winkelsentrum parkering nog verniet was... Toe jy nog 'n vrag toffies vir tiekies en pennies kon koop... Toe alles nog goed gegaan het...

 

Wel hier by Jeandré Hartman Fotografie BEGIN "die goeie ou dae" eers nou, want met ons gaan dit BAIE goed! :-)

 

En hoekom dink julle se ek so? Wel...... Ons is nou alreeds meer as 40% volbespreek vir 2011 en dit is nou eers die middel van September!

 

Ons is oortuig dat ons sukses in die troufotografie bedryf te doen het met die volgende redes:

 

A) Ons is ernstig oor wat ons doen, want dit is ons besigheid asook 'n diens wat ons aan julle lewer en nie net 'n "stokperdjie" wat ons beoefen vir ekstra sakgeld nie.  Julle is ons kliënte en ons is ernstig daaroor om julle dag op 'n baie spesiale manier vas te vang.  Ons WIL hę julle moet tevrede wees met julle foto's asook die manier hoe ons die dag saam met julle spandeer.

 

B) Ons daag altyd betyds op en is nie laat vir julle troue nie!  Ons maak seker dat ons weet waar en wanneer alles gebeur! 

 

C) Ons gee die nodige aandag aan detail soos bv. jou gastetafels, dekor en blomme.  Ons neem ook foto's van jou naaste familie en vriende asook daai foto's wat ma afgeneem wil hę!  Al hierdie belangrike klein details kan verlore gaan op jou mooiste, maar sekerlik die besigste dag ooit!

 

D) Alles in een - Eenstopdiens!  Ons kan julle Troufoto's neem en dit in julle Trou Album plaas asook julle Trou DVD behartig!

 

D) Julle - Ons kliente!   Sonder julle sou ons dit nie kon doen nie!

 

Ons neem minstens 70 troues per jaar af en tans is dit by verre die meeste besprekings wat ons nog vir 'n daaropvolgende jaar bespreek het teen September.  Wat ons nou reeds sien met die besprekings gebeur eintlik eers in Februarie en Maart van elke jaar!

 

Nou het ons al besprekings sover as Desember 2011 asook Maart 2012. Kan julle dit glo?

 

Ons is verseker dat 2011 'n baie opwindende jaar in die troubedryf gaan wees!

 

Kyk gerus na ons foto's en loer gerus weer in!

 

Die nuwe foto's word binnekort bygevoeg!

 

Sien julle gou weer en mooi bly!

 

Jeandré

012 653 6740 / 082 450 7497 / info@troufotos24.co.za

Druk hier vir ons Pakket Inligting.

Kontak ons vir tariewe en beskikbaarheid vir jou troue en troudatum.

Stuur vir my 'n epos na info@troufotos24.co.za oor enige verdere navraag.

 


Steve & Naomi se troue by Sulla Via

 

Steve & Naomi het verhuis na Namibie direk na hulle troue!  Hier is solank 'n paar foto's!

 

      

 

 


 

Randall & Tracy se troue by The Lost City

 

Hier is van Tracy en Randall se troufoto's!  Hoop julle hou daarvan!

 

Lekker dag en lekker werk!

 

 

    

 

 


Besoek gerus ook www.avantgardephotography.co.za

 

 



www.troufotos.net  www.troufotos24.co.za  |  www.jeandre.co.za  |  www.avantgardephotography.co.za  |  www.imagephoto.co.za  |